Subscribe
Centurion Teater | Wynkelder | Kreatiewe Spasie
Telefoon: 012 664 7859
  • Die Wynkelder is oop elke aand voor die vertonings vanaf 18:00 en ook na afloop van die Vertonings. Kaasborde is beskikbaar op Bestelling teen R 70.00 p.p.

    Bespreek by debbie@centurionteater.co.za of 012 664 7859

  • Kyk uit vir ons nuwe vertonings. As jy meer gereeld inligting wil bekom, teken in op ons nuusbrief.

    Ons stuur gereeld ook inligting via SMS, so laat weet ons en ons sit jou nommer op die databasis.

  • Ons is nie net 'n Teater nie maar doen ook funksies en kan as kreatiewe spasie benut word.

    Konferensies en ander korporatiewe pakette beskikbaar, kontak ons op 012 664 7859 vir besonderhede.

Die Centurion Teater is geleë naby die N1 Snelweg, op die Bothalaan afrit in Amkorweg. Hierdie stylvolle, volledige toegeruste teater is baie gesog by kunstenaars en publiek aangesien dit voorsien in die behoefte van die perfekte uitgaan-aand.

Voeg daarby die beste kunstenaars; sangers en akteurs wat elke aand baie spesiale vertonings aanbied terwyl jy ontspan met n glas uitsoek wyn – wat meer kan jy van vermaak vra!

Wat ons kan doen.

By die CenturionTeater kan jy seker wees van gehalte vermaak in 'n atmosferiese, knus omgewing. Wat ook al jou behoeftes, die personeel gaan uit hul pad om jou geleentheid so spesiaal moontlik te maak.Daar is genoeg sitplekke om 235 gaste in Teaterstyl te akkommodeer en 100 mense sit gemaklik om gedekte tafels.

Waarvoor kan jy die teater gebruik ?

Die Teater is meer as voldoende vir alle vertonings insluitende kabaret,komedie,drama ensomeer en kan boonop ingespan word vir korporatiewe geleenthede,soos konferensies en seminare. By kunstenaars is gebruik van die Teater gewild vir CD-Vrystellings. Selfs 'n Verjaardagpartytjie kan gereël word waar jou gunsteling kunstenaar kan optree.

Hoekom ons gebruik.

Centurion Teater spits hom daarop toe om vertonings in 'n ontspanne en intieme atmosfeer aan te bied. Die grootte van die Teater is van sò 'n aard dat dit bydra tot die intimiteit daarvan.

Kalender

June 2013
M T W T F S S
     
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930

Aankondigings

  • Aanbiedings
    Wanneer daar ‘n laaste minuut afslag op kaartjies is, sal ons dit hier...
  • Welkom
    Die Centurion Teater het ‘n nuwe baadjie aangetrek. Ons het ons nuwe webtuiste...

Kontak ons

Kom ontmoet ons
Amkor Weg 123, Lyttelton Manor
Telefoon: 012 664 7859
Faks: 012 664 5978
Webtuiste: http://www.centurionteater.co.za
E-pos: info@centurionteater.co.za

Advertensies

Computicket