Oor Ons

 

Ons Geskiedenis

Die Centurion Teater is in 1993 deur Dr Douw Greeff gestig.

Op pad terug van ‘n reis na Keurboomstrand met sy pa Professor Oppel Greeff, het Douw die idee gekry om ‘n teater in die hart van Centurion te bou. In daardie stadium was Amkorlaan 123 onder konstruksie met die doel om kantoorgeboue te wees.

Douw het die argitek Walter Neumann gekontak en alle konstruksie is gestaak. Die planne is verander en Douw se droom het vorm ingeneem en die mooiste teater is gebou.

Wat Ons Doen

By die Centurion Teater kan jy seker wees van gehalte vermaak in ‘n gesellige omgewing. Wat jou behoeftes betref, sal die personeel uit hul pad gaan om jou geleentheid so spesiaal moontlik te maak.

Daar is genoeg sitplekke om 220 gaste in cinema-styl te akkommodeer, of 100 mense sit gemaklik rondom set-tafels.

Ons het ook ‘n kelderlokaal met tafels, stoele en ‘n kroeg area wat 40 gaste kan sit. Dit kan gebruik word vir kleiner intieme gebeure soos kombuis- of ooievaar tees, verjaarsdagpartytjies en CD-bekendstellings.

ONS KLANK INGENIEUR

Marius Strydom is die Centurion Teater se interne klankingenieur en sal help met alle klank, ligte en opnames vir vertonings, gebeure en alle funksies by die teater.

Hy is ‘n sanger, skrywer en musikant; Marius speel elektriese, solo en ritme kitaar. Hy het talle toekennings ontvang en drie albums vrygestel.

Sy kontakbesonderhede is by die teaterkantoor beskikbaar indien u meer inligting benodig oor die teater se klank- en beligtingstoerusting.

Ons is opgewonde om Tixsa betrokke te hê as ons in-huis kaartjie vennoot.

Ons is opgewonde om Tixsa betrokke te hê as ons in-huis kaartjie vennoot.

Ons bemarking en media vennoot Beetge Media is verantwoordelik vir die webwerf, nuusbriewe en alle sosiale media bemarking.
U kan die Centurion-teater op enige van die volgende platforms volg –
Facebook, Instagram of Twitter.

Ons bemarking en media vennoot Beetge Media is verantwoordelik vir die webwerf, nuusbriewe en alle sosiale media bemarking.
Jy kan die Centurion-teater op enige van die volgende platforms volg – Facebook, Instagram of Twitter.

Ons Borge

Ons is dankbaar vir die plaaslike besighede wat die teater ondersteun; hulle is –

Ons Span

Ons is ‘n formidabele span en gaan uit ons pad om die kunstenaars en kliënte gelukkig te hou. Voel vry om ons te kontak vir meer inligting oor ons optredes of as jy belangstel om van die fasiliteite gebruik te maak vir jou eie funksie, partytjie of korporatiewe geleentheid.

Marlene Schmidt

Bestuurder en Openbare Betrekkinge

Susan Botha

Finansies en Kaartjie Verkope

Charlie Mopeli

Kroegman en Assistent

ONS SPAN

Ons is ‘n formidabele span en gaan uit ons pad om die kunstenaars en kliënte gelukkig te hou. Voel vry om ons te kontak vir meer inligting oor ons optredes of as jy belangstel om van die fasiliteite gebruik te maak vir jou eie funksie, partytjie of korporatiewe geleentheid.

Marlene Schmidt

Bestuurder en Openbare Betrekkinge

Susan Botha

Finansies en Kaartjie Verkope

Charlie Mopeli

Kroegman en Assistent

Kom sê Hallo!

Kantoor Ure

8h30 - 17h00

Kontak Ons

Nommers

+27 12 664 7859
+27 72 245 4390

Adres

Amkorlaan 123, Centurion
Gauteng, South Africa

X