Oor Ons

Die Centurion Teater is geleë naby die N1 Snelweg, op die Bothalaan afrit in Amkorweg. Hierdie stylvolle, volledige toegeruste teater is baie gesog by kunstenaars en die publiek aangesien dit voorsien in die behoeftes van die perfekte uitgaan-aand. Voeg daarby die beste kunstenaars; sangers en akteurs wat elke aand baie spesiale vertonings aanbied terwyl jy ontspan met n glas uitsoek wyn – wat meer kan jy van vermaak vra!

Wat ons kan doen.

By die CenturionTeater kan jy seker wees van gehalte vermaak in 'n knus omgewing. Wat ook al jou behoeftes, die personeel gaan uit hul pad om jou geleentheid so spesiaal moontlik te maak. Daar is genoeg sitplekke om 245 gaste in Teaterstyl te akkommodeer en 100 mense sit gemaklik om gedekte tafels.

Waarvoor die teater gebruik kan word ?

Die Teater is meer as voldoende vir alle vertonings insluitende kabaret, komedie, drama en so meer en kan boonop ingespan word vir korporatiewe geleenthede, soos konferensies en seminare. By kunstenaars is gebruik van die Teater gewild vir CD-Vrystellings. Selfs 'n Verjaardagpartytjie kan gereël word waar jou gunsteling kunstenaar kan optree.

Hoekom ons gebruik.

Centurion Teater spits hom daarop toe om vertonings in 'n ontspanne en intieme atmosfeer aan te bied. Die grootte van die Teater is van sò 'n aard dat dit bydra tot die intimiteit daarvan.

Om kaartjies vir vertonings te bespreek kontak:

Susan Botha: 012 664 7859/E-pos: susan@centurionteater.co.za

Charles: 012- 664-7859/E-pos: info@centurionteater.co.za

 

Ons Bestuurspan


image

Marlene Schmidt

Om die teater te bespreek vir opnames, produksies en privaat funksies - 012 664 8710 of 072 245 4390

Gebore en getoeë in Pretoria - Skool gegaan by Gerrit Maritz Hoërskool (Pretoria Noord) 3 kinders Melanie, Michael en Maryke – ouma van 4 kleinkinders - 15 jaar as “Bond originator” gewerk SA HOME LOANS en Infinity Home Loans - 5 Jaar by Centurion Sakekamer as bemarker en toe die geleentheid gekry om as Bestuurder by die Teater te begin watter uitdaging!

Kontak my gerus
image

Charlie Mopeli

Bespreking van kaartjies 012 664 7859

Gebore in die Vrystaat – Ficksburg Hoërskool gematrikuleer 2005 . Werksaam by Centurion Kelder vanaf 2008 en onder meer by Donatello’s restaurant gewerk daarna nuwe Restaurant “Ons Stage” as beverage assistant manager. Betrokke tans by die nuwe Teater span en baie opgewonde oor die nuwe uitdagings onder meer om meer betrokke te raak by die klank en beligting.

Kontak my gerus
image

Susan Botha

Bespreking van Kaartjies 012 664 7859

Gebore in Mayville - Hoërskool Langehoven gematrikuleer – 14 Jaar werksaam by Departememt Welsyn & Gesondheid - ek begin in 1987 by SABS waar ek verantwoordelik was was vir alles wat met admin te doen gehad het – ‘n hele 22 jaar. Begin by Centurion Sakekamer in 2012 as assistant en verandtwoordelik vir alle finansiele aangeleenthede. Begin 1 April 2015 by Centurion Teater en super opgewonde.

Kontak my gerus

image
Een GROOT familie