Chris Chameleon – Jy en Ek en Ek en Jy

Chris Chameleon – Jy en Ek en Ek en Jy

Chris Chameleon
time 20:00

04/08/2017

Kunstenaar Naam – Chris Chameleon
Opvoering Naam – Jy en Ek en Ek en Jy
Datum – Vrydag 04 Augustus 2017
Tyd – 20H00
Koste –  R150.00 pp

Chris Chameleon het ses jaar laas ’n volkome, selfgeskrewe Afrikaanse album vrygestel. Met die bekendstelling van die langverwagte ‘Jy en Ek en Ek en Jy’ kan aanhangers uiteindelik asem uitblaas. 

Die album is musikaal en liries sy mees avontuurlustige  ooit, en in 2017 toer hy met hierdie nuwe album na alle uithoeke van Suid-Afrika.

Die klem val op hierdie nuwe baanbrekerswerk, waarin Chris opnuut weer die grense van klank, woord en sang in Afrikaans uitdaag en verskuif.

Maar gehore kan natuurlik ook uitsien na ’n keurspel van die treffers wat van Chris deur die jare ’n huishoudelike naam gemaak het.

Indien jy self so ’n Chris Chameleon lied het wat jy wil hoor, is daar goeie nuus vir jou: hy gee die gehoor altyd ’n geleentheid om hom te probeer vasvra met sy eie werk!

Bespreek jou selfdruk kaartjies by Tixsa

click here tixsa