Koos Kombuis

Koos Kombuis

Koos Kombuis S
time 19:30

17/08/2017

Kunstenaar Naam – Koos Kombuis
Datum – Donderdag 17 Augustus 2017
Tyd – 19H30
Koste –  R120.00 pp

Koos Kombuis (gebore André le Roux du Toit, November 5, 1954) is ‘n Suid-Afrikaanse musikant en skrywer. Hy verwerf bekendheid as deel van ‘n groep anti-establishment (sogenaamd alternatiewe) Afrikaanse musikante wat in die laat 1980’s die kampustoer “Voëlvry” aanpak. Ander musikante wat deel uitgemaak het van hierdie musiekbeweging was Johannes Kerkorrel en James Phillips. Die Voëlvry-groep het sterk standpunt ingeneem teen Apartheid en die regerende Nasionale Party.

Koos Kombuis het sedertdien die status van legende in Afrikaanse kultuurkringe bereik. Hy is ook bekend as rubriekskrywer vir verskeie Suid-Afrikaanse publikasies (o.a. Rapport). Uit sy pen het twee outobiografiese boeke, romans, digbundels en rubriekbundels verskyn (Sien literatuurlys hier onder).

Koos noem Bob Dylan, Neil Young, George Harrison en John Lennon as musikale invloede. Sy musiekstyl is rou en eerlik. Hy tree meestal solo op en begelei homself op kitaar, maar word soms bygestaan deur wêreldbekende musikante soos Schalk Joubert, Melissa van der Spuy, Albert Frost, Nicole Holm en Kevin Gibson.

Koos Kombuis word beskou as een  van die beste liriekskrywers in Suid-Afrika. Een van sy bekendste liedjies, “Lisa se Klavier” is opgeneem deur Laurika Rauch en The Parlotones en ook vertaal in Frans, Portugees en Engels. Die Belgiese sanger, Stef Bos, vertolk die Koos Kombuis-liedjie “Onder in my Whiskeyglas” en die twee is mede-skrywers van die liedjies “Het Avondland” en “Die Duiwel en God”.

Bespreek jou selfdruk kaartjies by Tixsa

click here tixsa