Gesonde Seks bied aan Die Stripshow

Gesonde Seks bied aan Die Stripshow

Die Stripshow
time 19:00

28/07/2017

Kunstenaar Naam – Timothy Kieswetter
Opvoering Naam – Die Stripshow
Datums – Vrydag 28 Julie 2017
Tyd – 19H00
Koste –  vanaf R165.00 pp
Promosie –  As jy 6+ kaartjies koop ontvang jy ‘n gratis boek “Ontbyt in die bed en Seks in die kombuis”

Dié Stripshow is nie jou gewone stripshow nie, o nee, in hierdie teater produksie, gaan ons vir Timothy Kieswetter in ‘n hele nuwe lig sien. Dit is ‘n one-man-show met ‘n twist. Vir dié van julle wat vir Timothy goed ken gaan dit ‘n groot verrassing wees – daar gaan dele van hom besigtig word, wat nog nooit ontbloot is nie…

Maar nie te vrees nie, in hierdie stripshow word daar met woorde, en nié klere gestrip. Dit is ‘n ontbloting van die volstruis-mentaliteit van ons hedendaagse gemeenskap waarin ons lewe.

Die gehoor sal ‘n ontmaskering en ontnugtering van seksuele taboe beleef soos nog nooit tevore. Daar gaan uit die kas (of eerder dedur die deur) geklim word om die sluiers te lig van hierdie ongesproke onderwerp.

Daar is ook dan natuurlik die paar kinkels in die kabels, soos met enige verbode vrugte…askies, onderwerpe… Met ‘n paar “kinky pink” hoë hakskoene en “fishnet stockings” sal niemand twyfel dat hierdie ‘n sexy produksie is nie, en selfs ‘n paar “fluffy handcuffs” sal die gehoor geboei hou tot die einde.

Daar is ‘n Engelse spreekwoord wat sê “You need to grow a pair…”, en met Die Stripshow was dit nog nooit meer waar gewees nie. Sensitiewe onderwerpe gaan getakel word en ‘n goeie sin vir humor word vereis. Hierdie is nie jou gewone komedie show nie, elke persoon in die gehoor sal iets van die show af kan wegvat wat sy/haar sekslewe sal verryk.

Vorige 4 vertonings almal UITVERKOOP

Moenie hierdie een misloop nie.

Daar is ‘n kontant kroeg beskikbaar in die kelder by die teater.

Bespreek jou kaartjies by iTickets

iTickets