Korreltjie Kantel

Korreltjie Kantel

Korreltjie Kantel 02
time 20:00

12/08/2017

Kunstenaar Naam – Korreltjie Kantel
Datum – Saterdag 12 Augustus 2017
Tyd – 20H00
Koste –  R130.00 pp

Performers – Luna Paige, Nick Turner, Jamie Jupiter

Vir die verhoog het ons die liefdesverhaal tussen Ingrid en André P. Brink as wegspringpunt gebruik. Ná die publikasie van Vlam in die sneeu (die liefdesbriewe wat die skrywer en digteres tussen 1963 en 1965 aan mekaar geskryf het) was dit ’n goeie aanslag om mense ’n nuwe blik op Ingrid se gedigte te gee. Ek het twee akteurs genader om stemwerk vir die vertoning te doen. Christine Truter en Wessel Pretorius het aandoenlike vertolkings as Ingrid en André gelewer.

Ná suksesvolle optredes by veral die Woordfees het ons besluit om die musiek op te neem. Hatchetman se program het nie ’n opname of nasionale toer toegelaat nie, en ek moes opnuut soek na ’n nuwe kreatiewe deelnemer. En daar beland Jamie Jupiter op die projek. En wat ’n aanwins! RSG het besluit om die projek te ondersteun en is verantwoordelik vir die CD wat vandag op die rakke is. Sonder hulle sou ons nie die CD kon maak nie. Ek en Nick en Jamie het opnuut saamgesit, gewerk, geskryf en met die finale produk vorendag gekom. Ons het in Desember 2016 die CD opgeneem by Sunset Studios op Stellenbosch. Die proses was organies, uitmergelend, snaaks, prettig, emosioneel – alles wat dit moes wees om ’n goeie eindproduk te lewer. Jürgen von Wechmar (die klankingenieur) het ook baie insette gelewer tot die kreatiewe proses, waarvoor ons baie dankbaar is.

Al die liedjies wat in die show is, is op die CD. Die meeste is toonsettings van gedigte uit Ingrid se bundels. In sommige gevalle het ons ons eie lirieke geïnkorporeer. “Juwele van jou oë” is my vertelling van die ooreenkomste tussen Ingrid en André se verhouding en die gebeure wat afspeel in sy boek Die ambassadeur. Nick se “Kanniedood” is in reaksie op die hoofstuk oor Ingrid in sy outobiografie, Vurk in die pad. Jamie het haar gedig “Fragment” sy eie gemaak en sy eie idees en lirieke daarby geïnkorporeer. André se vrou, Karina, het my baie gehelp en verwys na sy gedigte wat gepubliseer is in die tyd dat hy en Ingrid in ’n verhouding was. Sy het die impak van hul verhouding op sy menswees en literêre werk met my bespreek. Ek is innig dankbaar vir die tyd en passie vir haar man en sy verlede wat sy met my gedeel het. Sy is ’n spesiale vrou.

Bespreek jou selfdruk kaartjies by Tixsa

click here tixsa