Mathys Roets

Mathys Roets

Mathys Roets
time 19:00

06/09/2017

Kunstenaar Naam – Mathys Roets
Genre / Styl – Afrikaans
Datums – Woensdag 06 September 2017
Tyd – 19H00
Koste –  R130.00 pp

In 2016 is die groot musiekgees Leonard Cohen oorlede, maar as Mathys Roets dit kan verhelp, sal sy stem nooit stil word nie.

“Sy woorde het nie ‘n vervaldatum nie.” sê Mathys. “Sedert ek amper dertig jaar gelede SUZANNE die eerste keer gehoor het, het ek gewéét ek wil sy stories, sy pyn, sing. Cohen was alles behalwe konversioneel, altyd op soek na antwoorde. In sy lewe, het hy my geleer om altyd die antwoord te gaan soek.”

Mathys Roets is een van die min kunstenaars wat Leonard Cohen werklik gestand kan doen. En daar is nie ‘n taalbeperking nie. Afrikaanse en Engelse gehore geniet sy vertolking ewe veel. In Songs of Leonard Cohen word outentieke Cohen gemeng met unieke Mathys – so eenders, maar tog so anders.

Bespreek jou selfdruk kaartjies by Tixsa

click here tix