Kunstenaar Naam – | Riana Nel |
Opvoering Naam – | Akoesties op Publike Aanvraag |
Datum – | Woensdag 18 April 2018 |
Tyd – | 19H00 |
Koste – | R170.00 pp |
Riana Nel se borrelende persoonlikheid en eindelose talent is ‘n wenkombinasie wat tot diep binne in jou siel kruip met haar lirieke en onvergeetlike vertonings. Sy laat jou lag, huil en wegstap met ‘n verrykende gevoel van emosionele oplewing. Hou vir Riana dop, sy gaan diep spore in almal se harte trap met haar sagte hart, nagtegaal stem en warm glimlag.
Sy skryf ook liedjies vir talle plaaslike kunstenaars insluitende Juanita du Plessis, Jay, Lianie May, Bobby van Jaarsveld en nog vele meer. Haar gewilde treffers “Dans” en “Timbuktu” is op die klankbaan van die romantiese komedie “Semi-Soet” gebruik en ook “Maak oop jou oë” het ‘n oomblik in “Klein Karoo” soveel meer onvergeetlik gemaak.
Bespreek jou selfdruk kaartjies by Tixsa