Ses Snare – Tuisgemaak

Ses Snare – Tuisgemaak

Ses Snare LR Image
time 20:00

03/07/2017

Kunstenaar Naam – Ses Snare
Opvoering Naam – Tuisgemaak
Datum – Maandag 03 Julie 2017
Tyd – 20H00
Koste –  R140.00 pp

Ses Snare bring n splinternuwe program na die Centurion teater. Oor die afgelope 8 jaar het die Snare ‘n stewige ondersteunersbasis by die Centurion teater opgebou, en groot sukses met verskeie produksies by die teater gehad.

Tuisgemaak is n produksie met musiek deur Suid-Afrikaanse kunstenaars wat plaaslik sowel as op die reldverhoog sukses behaal het. Die produksie open by Innibos en Centurion teatergangers kry die eerste kans om die voorskou van hierdie produksie te sien.

Daar is musiek van Johnny Clegg, Ballyhoo, Vusi Mahlasela, Mango Groove, Arno Carstens, Coleske, Ladysmith Black Mambaso, musiek uit Ipi Tombi  om net ‘n paar te noem. Musiekliefhebbers wat LM Radio, Springbokradio se treffersparade en die Springbok-plate met die skamel geklede meisies op die buiteblad onthou, sal ook n klompie treffers uit daardie dae onthou. Die musiek kry die spesiale en unieke Ses Snare behandeling met verwerkings vir ses stemme en kitare, hope kitaarsolo’s en interessant harmonieë.

Bespreek jou selfdruk kaartjies by Tixsa

click here tixsa