Touch of “CLASS” Tree op by ons!

17 Junie 2015 om 20H00 teen slegs R120pp

TOUCH OF CLASS

Touch of Class, met lede Deon van der Merwe en Ronell Erasmus, het in 1985 onstaan en was aanvanklik ook die begeleidende orkes vir Anneli van Rooyen, Manuel Escorcio en André Schwartz.

In 1992 het Touch of Class ‘n ateljee saam met die Coleske’s begin waar die Coleske’s se internasionale trefferalbum “Vanishing Point” opgeneem is.   In 1992 het Touch of Class ook goue status bereik met meer as 25 000 verkope van die album “Ek en my meisie”. Die album het 2 jaar later platinum status bereik.

Verskeie goue albums het gevolg met Bamboesbos, Stamp daai bene, Moenie worrie nie en 4 van Ronell Erasmus se geestelike albums, waarvan haar DVD en die album “Halleluja” dubbel platinum status bereik het (80 000 eenhede).

Deon van der Merwe het ook goue statusse met sy kitaaralbums “Kitaarboogie”, “Treffers van die Shadows”, “Crying guitar” en “‘n Huldeblyk aan Ricardo Bornman”. Vir die huldeblyk album het hy ook ‘n SAMA toekenning ingepalm. Touch of Class het 19 albums reeds uitgereik.

Na 23 jaar se saamloop het Ronell Erasmus in 2011 besluit om haar net op haar geestelike loopbaan toe te spits. Vandaar Ruhan du Toit se betrokkenheid by die groep. Sedert Desember 2011 tot huidiglik het Deon en Ruhan reeds 7 albums voltooi.   Koffiefontein, Groep 2, Nostalgie, Lotzsa Smokie, A Touch of Classic, Stukkie van der Merwe, Classic Rock Project en Dans in die Reën.

Die albums het reeds meer as 20 000 eenhede in totaal verkoop sonder enige bemarking.

Koffiefontein word nou heruitgereik onder die titel “Dans in die reën”. Dit is ‘n dubbel album waarin daar ‘n handelsmerk “Salute the Legends” adverteer word. Dit is ‘n reeks cd’s wat vol legendariese groepe en kunstenaars se treffers gaan wees.

Daar word voorspel dat ± 50 000 eenhede verkoop sal word van Dans in die Reën.