Date

Jun 24 2022
Expired!

Time

Deure maak 19h00 oop
7:30 pm - 9:00 pm

Cost

R165

André Schwartz – Die Pad

Hy slaan asems weg met sy besonderse stem en is die enigste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat die Andrew Lloyd Webber stempel van goedkeuring dra, maar die pop-genre is waar hy nou fokus en hy geniet elke oomblik!
Teater was nog altyd een van sy grootste liefdes en hy kombineer storievertel en sy grootste treffers in sy nuwe teaterproduksie, Die Pad! Gehore kom geniet André Schwartz ‘up close and personal’ en beleef oomblikke van
nostalgie met gunstelinge soos Lief Vir Alles Hier, Ek Wil Jou Nooit Weer Sien en natuurlik van sy nuutste musiek ook.

Sy verhoogpersoonlikheid is aangrypend en hy is lief daarvoor om met die gehoor te kuier en by sy vertoning te betrek.

Gebore vir die verhoog het hy bekendheid verwerf vir kragtige hoofvertolkings in verskeie musiekblyspele soos Joseph and the Amazing Technicolour Dreamcoat, Jesus Christ Superstar, Pirates of Penzance en Phantom of the Opera. Vir laasgenoemde het hy talle toekennings ontvang en word beskou as een van die beste ‘Phantoms’ ter wêreld.