october, 2018

24oct19:00Franja du Plessis & Ruan JoshR100pp

Ruan en Franja

Time

(Wednesday) 19:00

more

Event Details

Ons verwelkom Franja du Plessis en Ruan Josh weer terug by die teater!

Ruan sing van sy treffers soos:  Toevallig, Maan en Sterre ‘n bietjie Rock & Roll en goldies oldies.

Franja sal van haar splinternuwe treffers sing vanaf haar nuwe album Hittegolf.  Sy sal ook treffer sing soos:  Stad van verlange en Ek kan nie ophou kyk.

Ruan en Franja ‘n gesamentlike insetsel met ‘n lekker variasie van modern, country, Afrikaans en goue oue treffers. Onder andere die treffer Ek wil Lewe. 

Franja is ‘n 24 jarige sangerers, liedjieskrywer en aktrise. Sy neem van skool af deel aan sang en talent aande en in matriek neem sy deel aan haar skool (Hoërskool Die Wilgers) se revue, en speel die hoofrol, Leika. Franja het al opgetree regoor die land in konserte soos Afrikaans is Groot (2013) en Gospel Skoupsel in Kaapstad (2013). Franja was ook in 2013 te sien in die fliek “As jy Sing” en vertolk een van die hoof karakters, naamlik Marna. Sy het die liedjie “In twee geskeur” spesiaal geskryf vir die fliek “As jy Sing”.

Ruan Josh is ‘n 27 jarige sanger, akteur en besigheidsman. Hy neem van skool af deel aan kompetisies en produksies en word in 2007 aangewys as die Beste Byspeler in die ATKV se Nasionale Tienertoneel kompetisie by Aardklop toe hy deel gevorm het van Hoërskool Die Wilgers se stuk “Reis, Vleis en Gebakte klippe”. Ruan het al regoor die land opgetree in konserte soos Afrikaans is Groot (2013) en Gospel Skoupsel in Kaapstad (2013). Ruan was ook te sien in die verhoogproduksie “Droomkind – Die storie van Josef”.

Book your tickets

TIXSA

Price

R100pp

X