august, 2018

18aug20:0021:30SOLD OUT - Jennifer Zamudio - Goud is my WoordeR120pp

Jennifer Zamudio

Time

(Saturday) 20:00 - 21:30

more

Event Details

CD BEKENDSTELLING JENNIFER ZAMUDIO – “GOUD IS MY WOORDE” 

Bespreek kaartjies: 083 514 8554 / info@jenniferzamudio.co.za

Die bekroonde Afrikaanse sangeres, Jennifer Zamudio se 12de album sal in Julie 2018 op die rakke wees. Na Jennifer se vorige eenmalige suksesvolle samewerkingsprojek met liedjieskrywers in Nashville (wat ook aan haar ‘n Ghoema Toekenning besorg het), het sy besluit om weer ‘n cd te maak in die kontemporêre genre. Die nuwe cd bestaan uit veertien snitte. 

Die titelsnit van die gelyknamige album “Goud is my woorde” is spesiaal weer vir Jennifer deur die alombekende meester liedjiekrywer, Rudi Claase geskryf en vat Jennifer se loopbaan in een snit vas. Jennifer stel ook nie teleur met haar eie liedjieskryf vernuf nie, en het vyf liedjies vir die album geskryf. Haar roerende huldeblyk aan haar Pa, “Tot die see opdroog” is onlangs as ‘n spesiale uitreking vir Vadersdag vrygestel en het landswye aandag geniet op gemeenskapsradiostasies en sosiale media. Selfs Huisgenoot (Netwerk24) het aanlyn daaroor berig. Hierdie lied roer beslis die hartsnare en is opreg uit Jennifer se wese geskryf. Sy gaan beslis haar aanhangers verras met die allergewilde Anneli van Rooyen treffer, Ek glo. Die snit is briljant verwerk en het nou ‘n nuwe moderne aanslag. 

Een van die vele hoogtepunte op die cd is die duet met Juandré Marais, “Gee jou liefde net vir my”. Jennifer en Juandré het saam geskryf aan die lied en hulle stemme komplimenteer mekaar uitsonderlik en het verseker die potensiaal om ‘n groot treffer te word. Die enigste Engelse snit op die album gaan mense laat regop sit, en dit is Jennifer se gevoelvolle vertolking van Neil Diamond se “I am I said”. Jennifer het haar huiswerk goed gedoen en het die lied eers by haar gehore getoets tydens haar optredes. Dit het gelei tot vele staande ovasies vir haar weergawe van die lied. Die opname hiervan is beslis ‘n eerste vir ‘n Suid-Afrikaanse sangeres. Haar lae register en warm alt stem laat die lied tot sy volle reg kom. “Goud is my woorde” het ‘n klank getrou aan Jennifer se energieke verhoogstyl. Dit het polsende dansvloer ritmes en ook die meer gevoelvolle ballades. Hierdie cd beloof om Jennifer net verder te vestig as een van die mees talentvolste Afrikaanse sangeresse. 

Facebook bladsy: https://www.facebook.com/JenniferZamudioSA/ 

Bespreek kaartjies: 083 514 8554 / info@jenniferzamudio.co.za

Price

R120pp

X