july, 2018
19jul19:3021:30Joshua na die Reën - Die Wêreld Binne MyR140pp

Time
(Thursday) 19:30 - 21:30
Event Details
Joshua na die Reën se unieke musiekstyl en strelende stem boei luisteraars reeds sedert die eerste note van sy debuutalbum, Joshua na die Reën, in 2014 die radio en Afrikaanse
more
Event Details
Joshua na die Reën se unieke musiekstyl en strelende stem boei luisteraars reeds sedert die eerste note van sy debuutalbum, Joshua na die Reën, in 2014 die radio en Afrikaanse musiekbedryf kom verower het.
Ghoema-musiektoekennings vir Nuweling van die Jaar en Beste Kontemporêre Manlike Kunstenaar, asook ’n Huisgenoot Tempo-toekenning vir Beste Nuweling, ’n Woordfees-toekenning vir Beste Solo-Kunstenaar en temaliedjies vir verskeie flieks, televisieprogramme en -veldtogte, was maar net die begin van ’n suksesvolle loopbaan wat baie vinnig vlam gevat het. Vanjaar word hierdie sukses gevier met ’n nuwe vrystelling uit dié talentvolle musikant se eie pen.
Hoendervleismooi is die perfekte woord om Joshua na die Reën se splinternuwe album, Die Wêreld Binne My, op te som. Sy kenmerkende fluweelstem is die perfekte pasmaat vir die interessante kombinasie van kontemporêre klanke en instrumente, wat met groot sorg by elke liedjie ingewerk is, en die eindresultaat is so treffend dat dit aanhangers se harte weer opnuut sal steel.
Book your tickets
TixsaPrice
R140pp