june, 2020

13jun19:00Postponed - LIANIE MAYR150pp

Centurion Teater - Lianie May

Time

(Saturday) 19:00

more

Event Details

Lianie was in 2006 raakgesien. Van daar het Lianie se harde werk, determinasie en nederige persoonlikheid haar van krag tot krag laat gaan, en is sy vandag een van die land se top vroulike kunstenaars.

Sy het die land in 2008 bekoor met haar weghol treffer-album ‘Vergeet my nie’. Van daar het die boeremeisie van Oranjeville in die Vrystaat diep in die Suid-Afrikaanse publiek se harte ingekruip. Met vele albums, multi-toekennings en ‘n film agter die blad, is sy nie net ‘n huishoudelike naam nie- maar is sy hier om te bly.

Lianie het al vele toekennings ingepalm, maar die SAMA toekenning 2009 vir top verkoper in die land lê haar na aan die hart. Sy is die eerste debuut en blanke vroulike Afrikaanse kunstenaar wat ooit die prestasie kon verower.

Lianie en Jay se duet album VIR LIEFDE het Platinum status bereik, wat Lianie een van die min kunstenaars maak om nog met elke album Platinum Status te bereik.

Haar persoonlikheid, op-en-van-die-verhoog af, maak haar een van ons land se lieflinge. Haar passie vir sang en mense skemer duidelik deur en haar vermoë om elke mens spesiaal te laat voel is onvermydelik. Sy is nie verniet een van ons land se supersterre nie, maar verdien die titel in al sy glorie.

Sy spog ook met meer as 23 miljoen trefslae op You-Tube van al haar videos.

Sanger, skrywer, aktrise, boeremeisie – watse kuns Lianie ook al beoefen, blink sy uit in die veld. Daar staan niks verkeerd vir die boeremeisie se hande nie.

Bespreek jou kaartjies

TIXSA

Price

R150pp

X