august, 2018

25aug19:0020:30Mariette Loubser met Toeris-ToerisR130pp

Toeris-Toeris Centurion

Time

(Saturday) 19:00 - 20:30

more

Event Details

Toeris-Toeris… van waar kom jy?

Sokkies, selfie stokke en die potensiële afwesigheid van ‘n tan kan weg gee dat iemand van elders kom. Maar hoe gemaak met die verskillende kulture van die wêreld en hoe gemaak met die verskillende wêrelde binne in jou eie tuisdorp? Vermy, baklei of leer ken? Is normaal als waaraan die “ek” gewoond is? Kom lag saam wanneer daar geskerpskerts, gesing en geterg word oor die mooiste mooi wat soms skuil in die middel van verskil.

Mariette Loubser is ‘n sangeres en aktrise vanaf die Boland wat huidiglik gebaseer is tussen Kaapstad en Johannesburg. Met ‘n uitverkoopte debuut vertoning by die US Woordfees is sy een van min Eva’s in die relatiewe jong Afrikaanse “Stand-Up Comedy” mark. Met ‘n agtergrond van kabaret, tv-aanbieding en radiowerk het sy ook voltyds gewerk met jeug en blomme & dekor vir troues en funksies.

Kaartjies beloop R130 en is beskikbaar by koopkaartjies@gmail.com

Price

R130pp

X