december, 2019

03dec19:00Mighael van der Walt en Muller BrandtR117pp

Centurion Teater - Mighael en Muller

Time

(Tuesday) 19:00

more

Event Details

“Michael en Muller is albei baie talentvolle musikante wat graag saam werk. Hulle klank is eg Afrikaans en hulle het ’n goeie sin vir humor. 

DIE MANNE AGTER DIE MUSIEK

Muller Brandt is ’n Afrikaanse sanger en liedjieskrywer wat glo dat hy en ander kunstenaars ’n stem van hoop in die land moet wees. Dié Pretorianer kom uit ’n musikale familie en het ná skool sy musiekdiploma aan die Kampus van Uitvoerende Kunste (COPA) verwerf.

Sedertdien het hy al saam met van die land se grootste vervaardigers gewerk en verskeie enkelsnitte, waaronder “Ballades wat resoneer”en “Jy is”, uitgereik wat speeltyd op die Top-20 van verskeie radiostasies se treffersparades geniet het. 

Muller put graag inspirasie uit die musiek van internasionale sterre soos Ed Sheeran, John Mayer, Bon Jovi en Chris Tomlin, en uit plaaslike kunstenaars soos Theuns Jordaan, Matthew Mole, Joshua na die Reën, Len Muller en Kaleidoskoop. Hy hoop hy om binnekort ook sy eie CD ook vry te stel, te gaan toer en vir ander kunstenaars musiek te skryf.

Mighael van der Walt is al van skooltyd af besig met musiek, maar dit het eers in sy matriekjaar regtig in sy hart begin leef toe hy homself geleer kitaarspeel het. Kort daarna het hy betrokke geraak by die kerk se musiekspan en sommer gou die jeugmusiekbediening gelei.

Nadat hy ’n talentkompetisie gewen het met een van sy oorspronklike liedjies, het hy ’n musiekgroep begin wat later opgebreek het soos wat die lewe met elkeen van hulle gebeur het. In 2016 het hy die groep, ’n Pel Van My, begin saam met Muller Brandt en begin sing by troues, feeste en funksies.

Hy beplan om binnekort ’n splinternuwe projek aan te pak, waarmee hy oorspronklike musiek onder die naam – Mighael van der Walt – gaan vrystel

Bespreek jou kaartjies

Van der Walt Team

Price

R117pp

X