november, 2018

29nov19:00Rita Li - Brand and EP LaunchR150pp

Rita Li

Time

(Thursday) 19:00

more

Event Details

Om kaartjies te bespreek vir die launch email besprekings@ritali.co.za of skakel 084 597 7552.

Biografie – Rita Li is die oudste van 3 kinders en het grootgeword op hulle familie-plaas Constantia in Clocolan distrik, Oos-Vrystaat. Haar liefde vir musiek het vroeg begin en sy het op die ouderdom van 3 jaar begin met klavier en dansklasse.

Sy het die afgelope 13 jaar meestersklasse in sang by die bekende Gisela de Villiers ontvang. Sy is ’n gekwalifiseerde tap dans intruktriese wie ook graag klavier en dwarsfluit speel.

Een van die hoogtepunte in haar musiekloopbaan was as regisseur en aanbieder van “The Confessio “ – ’n Ierse musiekkonsert wat uitverkoop het in die Atterbury teater. Haar trots Suid-Afrikaanse oomblik was toe sy onlangs die stem vir Suid- Afrika en Australië gesing het tydens die internationsionale polo toets in Johannesburg.

Na skool het sy haar graad in fisioterapie aan die Universiteit van Pretoria verwerf en in sport gespesialiseer.

Om haar sang droom te verwesenlik het sy na 10 jaar as professionele sport fisioterapeut haar praktyk se sleutels opgehang en is sy nou ’n voltydse sanger, liedjieskrywer en kunstenaar.

In haar vrye tyd beoefen sy en man Paul hul perde stokperdjie in polo en hierin leef hulle ook baie na aan die natuur waarvoor hulle so lief is.

Sy is mamma van ’n blonde krulkop seuntjie en ook hy geniet dit om te sing en te dans.

Price

R150pp

X