february, 2020

13feb19:00Ruhan du Toit - Sound of Silence and moreR150pp

Ruhan du Toit

Time

(Thursday) 19:00

more

Event Details

Ruhan du Toit, wat veral bekend is vir sy aangrypende vertolking van die gewilde Simon & Garfunkel-treffer, The Sound of Silence, het beslis geen bekendstelling in musiekkringe nodig nie. Sy unieke vieroktaafstem en natuurlike talent agter die kitaar en verskeie ander musikale instrumente, het reeds vir hom baie deure oopgemaak en vir hom ’n permanente plek in die harte van Suid-Afrikaanse en Internasionale musiekliefhebbers verseker.

Die musikant, wat in Port-Elizabeth grootgeword het en tans in Pretoria woon, werk al sedert 1993 in die musiekbedryf en kon letterlik sing voordat hy behoorlik kon loop of praat. Op die ouderdom van tien, reik hy sy eerste solo album, Die Hemel Is (1994), uit en dit was maar net die begin van hierdie singende wonderkind se musiekreis!

In 2012 het hy aangesluit by die bekroonde musiekgroep, Touch of Class, saam met wie hy reeds dertien suksesvolle albums uitgebring het. The Sound of Silence se musiekvideo, wat hy ook as deel van dié duo uitgebring het, het groot sukses aanlyn bereik.

Vanjaar is hy reeds ses-en-twintig-jaar in die bedryf en om hierdie mylpaal in sy loopbaan te vier, gaan hy nou ook sy veelsydigheid as solo-kunstenaar ten toon stel. Ruhan het besluit dat dit tyd is vir iets nuut en opwindend en daarom gaan hy nou fokus op solo-vertonings, hy is dankbaar vir alles wat hy by Deon geleer het deur die jare en hy sal die kennis en lewenslesse toepas in sy solo loopbaan.

Die nuwe vertonings gaan wissel tussen massiewe musikale verwerkings en naakte eenvoud, waar net sy stem en kitaarspel ten toongestel gaan word. Dit gaan ook vir hom ’n geleentheid bied om oorspronklike werke met aanhangers te deel.”

Ruhan werk ook die afgelope drie jaar nou saam met Coleske Artists en gaan vanjaar te sien wees by die land se grootste musiekkonserte, Afrikaans Is Groot en Classics is Groot. Sy solo album sal binnekort landswyd beskikbaar wees maar, hy deel solank sy debuut enkelsnit ‘As Jy Dink Jy weet’ met ons waaroor hy baie opgewonde is. ‘As Jy Dink Jy Weet’ speel reeds op verskeie radiostasies insluitend Jacaranda FM en Bok Radio.

Bespreek jou kaartjies

TIXSA

Price

R150pp

X