july, 2019

17jul19:30Strooijonker met De Klerk OelofseR130pp

Strooijonker

Time

(Wednesday) 19:30

more

Event Details

Strooijonker is ’n desperate poging deur Lukas Basson om ’n strooijonkerstoespraak by sy beste vriend, Jean Voster, se troue te maak. Maar Lukas is nog al die jare verlief op Jean se bruid, Cheryl Lieberman, ’n ou skoolvriendin.

Die kombinasie van hoë emosie en gratis vonkelwyn is net een te veel vir dié stomme man. Hy raak gou die pad byster en voor hy kan keer, bevind Lukas hom kniediep in die Vosters, die Liebermans en sy eie vuil wasgoed – ten aanskoue van die ganse geskokte trougeselskap.

Dis ’n skreeusnaakse en hartroerende komedie, wat die gehoor uitnooi om deel te wees
van die drama en die kollig skyn op die onrealistiese eise wat ons aan ons self by sulke geleenthede stel.

Aangebied insamewerking met Die Aleit Groep en Four Cousins.

Met: De Klerk Oelofse
Teks en Vertaling: Louw Venter
Regie: Louw Venter & Rob van Vuuren
Stelontwerp: Rocco Pool
2018 KykNET Fiësta nominasie vir Beste Vertolking in ’n Solo-stuk.

Bespreek jou kaartjies by TIXSA – www.tixsa.co.za


TIXSA Kaartjies – besprekings hulp en navrae

Kontak nommer: 087 087 7464 /  E-mail adres: support@tixsa.co.za

Ons is telefonies beskikbaar gedurende die volgende ure indien jy probleme ondervind met kaartjie besprekings:
Maandag tot Vrydag 9h00 – 17h00
Saterdae 10h00 – 16h00
Sondae 10h00 – 13h00
Publieke vakansie dae 10h00 – 13h00

Bespreek jou kaartjies

TIXSA

Price

R130pp

X