december, 2019

04dec19:00Touch of Class met Deon van der Merwe en Dusty Dixon - Stille SoldateR120pp

Touch of Class

Time

(Wednesday) 19:00

more

Event Details

STILLE SOLDATE – Deon vd Merwe en Dusty Dixon

Touch of Class is al vir dekades geseën met groot sukses in die musiekbedryf. Al het hierdie groep al verskeie ‘baadjies’ gedra, bly dit ‘n musiekgroep wat aanpas by hul aanhangers en die veranderende behoeftes en vereistes van die dinamiese Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Dit is ‘n tydlose musiekgroep wat keer op keer opslae maak. Deon van Der Merwe, mede-stigter van die musiekroep beskryf sy ervaring as kitaarspeler van Touch of Class as volg: ‘Tot dusver was dit sowaar ‘n vervullende lewensreis. As iemand my môre vra om my droomloopbaan te kies, gryp ek sonder om te skroom verseker weer my kitaar!’

Een konstante en prominente figuur in hierdie groep is die kitaarspeler Deon van der Merwe. Deon het grootgeword in Kempton Park en het sy skoolloopbaan in Edenvale voltooi. Deon het groot geword die verhoog. Sy eerste instrument was ‘n klein orreltjie wat sy pa vir hom gekoop het. As musikant het hy al met enige denkbare musiekintsrument geëksperimenteer en vele al bemeester, maar die een instrument waarmee hy ten einde Internasionale bekendheid verwerf het, is sy kitaar.

In Junie 2019 kondig Touch of Class aan dat Ruhan du Toit sy sololoopbaan gaan voortsit en dat Dusty Dixon die nuwe sanger van die musiekgroep word. Dusty Dixon het Deon van der Merwe genader om ‘n solo-album vir hom te komponeer en so het die twee musikante se paaie gekruis.

Nes Deon, het Dusty Dixon ook van kindsbeen af ‘n groot voorliefde vir musiek. “Ek kom uit ‘n musikale familie,” vertel hy. “My pa het kitaar en mondfluitjie gespeel, en saam met Charles Jacoby gesing. My een oom speel 13 instrumente.” Dusty is egter die eerste een in sy familie om musiek sy loopbaan te maak.

Dusty is self ‘n musikale woordsmit wat sy lirieke op allerdaagse ervaringe en gebeure uit sy eie lewe baseer. Hy het ‘n vers van die titelsnit van die album ‘Romeo & Juliet’ sommer geskryf terwyl hy bestuur het! Op die 25ste Augustus is die nuutste enkelsnit uit Dusty se pen ‘Stille Soldate’, by die Voortrekker Monument bekend gestel. Hy het hierdie enkelsnit ook self gekomponeer.

Die bostaande enkelsnit handel oor alle lede van die Suid-Afrikaanse Weermag wat vir ons land geveg het. Hierdie lied dra veral ook hulde aan alle ‘Stille Soldate’ wat hul lewens vir Suid-Afrika verloor het, maar wat nou soms vergeet word. Al teken van hierdie helde, is hul name teen die ‘Muur van Herinneringe’. Daarom is hierdie enkelsnit ook by die ‘Muur van herhinneringe’ aan die Silent Soldiers organisasie opgedra. Die musiekvideo is tans op sosiale media beskikbaar.

Stille Soldate is die eerste enkelsnit van die nuwe Touch of Class met Deon van der Merwe en Dusty Dixon.

Bespreek jou kaartjies

TIXSA

Price

R120pp

X