february, 2019

27feb19:00SOLD OUT! Touch of ClassR150pp

TOC Sold out

Time

(Wednesday) 19:00

more

Event Details

‘Hoendervleismooi’ is die perfekte woord om die bekroonde musiekgroep, Touch of Class, se werk op te som. Ruhan en Deon het besluit om hulle uitsonderlike talent saam te span, die groep se repertoire uit te brei en weg te breek van die oorspronklike tong-in-die-kies-benadering.

Vandag spog hulle met ’n nuwe kontemporêre klank, wat aanklank vind by jonk en oud. Deon se instrumentele vernuf en Ruhan se veelsydige vieroktaaf-stem is die perfekte pasmaats en, na twaalf albums saam, vermaak hulle gehore met ’n verskeidenheid musiekgenres uit verskillende eras, wat wissel van Country, Klassieke Rock, Rock ’n Roll en Pop, tot Klassieke Musiek, Blues en ander tradsionele musiekstyle.

Bespreek jou kaartjies

TIXSA

Price

R150pp

X